KANSA Shavathon 2025 – ’n baie spesiale gebeurlikheid
Admin
Ons jaarlikse Shavathon is baie meer as ’n fondsinsamelings-projek – alhoewel fondse altyd benodig word.
Wat so besonders is omtrent dié projek is die gees van samehorigheid wat Suid-Afrikaners uit alle lewensterreine en van alle ouderdomme bymekaar bring as ’n sterk front van solidariteit met hulle wat deur kanker geraak word.
Vanjaar se Shavathon het nie agterweë gebly in terme van geesdrif en deelname nie, en verdien ons dankbetuiging vir die fondse wat deur elke deelnemer ingesamel is.
Een Shavathon ondersteuner, Mandy Nel, het haar gevoel gedeel:
“Kanker het my lewe al op soveel wyses geraak. Alhoewel ek nog nie self kanker gehad het nie, het ek al familielede aan die siekte afgestaan en die deursettingsvermoë van kanker oorwinnaars aanskou. Die ondersteuning van KANSA Shavathon herinner my aan hulle wat steeds in die kanker-stryd gewikkel is, sowel as aan dié wat ons verloor het maar nooit sal vergeet nie. Dis ’n manier om te wys ons gee om en herinner mense dat hulle nie alleen is nie.”