Amy vier diegene wat haar ondersteun het

Kinderkanker blyk só onregverdig te wees!

 

Die sestienjarige Amy Bitz van Eerste Rivier was 12 jaar oud toe ‘n swelsel, onder haar knie, gediagnoseer is as osteo-sarkoom, ‘n tipe beenkanker.

Chemoterapie en chirurgie by Tygerberg Hospitaal was moeilik.  Amy het haar skool en maats gemis wat gelei het tot neerslagtigheid.  MAAR, toe sy die bekommerde gesigte van haar gesin gesien het, het sy besluit sy wil lewe.  En op die 4de Junie verlede jaar, toe die Departement van Gesondheid en Welstand in die Wes-Kaap kankeroorwinnaars vereer het, was Amy een van hulle.

 

Amy huiwer nie om erkenning te gee aan diegene wat haar ondersteun het op haar kankerreis nie – haar ma, familie en vriende, haar skool en skoolvriende sowel as haar gesondheidswerkers.

 

Amy erken ook die ondersteuning van KANSA – en hier gee ons graag erkenning aan die krag van jou deernisvolle skenkings wat ons dienste bevonds.

Facebook
Twitter
LinkedIn