Suid-Afrikaners is, soos ons almal weet, vindingryk en veerkragtig.
Ons het hiervan bewus geword toe ’n jarelange vriendin ons in kennis gestel het dat sy nie langer op haar vasgestelde pensioen so dikwels kon skenk as wat sy sou wou nie – maar dat sy haar omgee vir mense wat met kanker leef d.m.v. ’n toekomstige skenking verseker het.
Daardie skenking is ’n nalatenskap in haar Testament. Ons was diep geraak deur haar toekomstige vrygewigheid, asook baie dankbaar dat sy hierdie inligting met ons gedeel het, wat ons die geleentheid gegun het om haar op gepaste wyse te bedank.
Indien jy ook ’n toekomstige skenking wil maak, gesels asseblief met ons omtrent hierdie vrygewige daad wat jou nou niks kos nie, maar op ’n stadium in die toekoms ’n verskil aan iemand se lewe sal maak.