Cailla Maree deel haar storie

“Ek is met Ewing-sarkoom gediagnoseer toe ek 15 jaar oud was.

 

“Nege maande se chemoterapie en chirurgie het my in die hospitaal gehou.  Vir twee jaar het ek nie skool toe gegaan nie en ook nie na openbare plekke toe nie.  Ek het weggekruip.

“Toe, iewers langs die pad, het my geloof begin om my te anker.  Ek het krag daaruit geput deur ander kinders , sommige jonger as ek, te sien kalm en dapper wees terwyl hulle deur dieselfde ding as ek gaan.

 

“Nou, op die ouderdom van 18, wanneer ek terugkyk kan ek sien hoe hierdie ervaring my gevorm het.  Ek is besig om te herbou, ek het matriek voltooi.  Ek wil dinge ontdek wat my werklik inspireer, ek wil reis, en iets betekenisvol met my lewe doen.

 

“Kanker is deel van my storie maar dis nie alles nie.  Ek is ongelooflik dankbaar dat ek ‘n kanker oorwinnaar is.”

Facebook
Twitter
LinkedIn