Dankbaarheid van Gloria, Pinky en Joan

Al drie was kankerpasiënte wat gehuisves was by ons KANSA Tehuise.

 

Van Gloria:  Met my aankoms was ek baie angstig en chemoterapie was moeilik.  Maar Mkhuhla was soos my huis en het my alles gegee wat ek nodig gehad het.  Dankie, vandag is ek ‘n kankeroorwinnaar.”

 

Van Pinky:  “Dankie vir die oopmaak van julle deure en julle harte, om my te laat voel julle gee om en my te omring met ondersteuning en deernis.  Julle het vir iemand soos ek, wat andersins dalk nêrens gehad het om na te gaan nie, ‘n ruimte van hoop en waardigheid geskep.”

 

Van Joan:  “Ek het onmiddellik tuis gevoel by Eikehof.  Ek het gou deel geword van een groot gesin, en gedeel in die positiewe atmosfeer, die kos, vervoer en die ondersteuning.  Ek sal altyd vir Angelina en haar personeel onthou – uit die hart van Namakwaland, ons blommeland.”

Facebook
Twitter
LinkedIn