Die briljante sukses van vennootskap

Aan KANSA se kant was dit ’n massiewe siftingsaksie vir borskanker bewustheid.

 

Aan PEP Stores se kant was dit ’n diensveldtog aan die gemeenskap.

 

Elke persoon wat die sifting bygewoon het, het ’n pienk handdoek van PEP ontvang nadat dit aanvanklik as ’n bedekking op die draagbare ondersoek-tafel gedien het. KANSA het hierdeur ’n groot som geld aan weggooi-linne gespaar.

 

Deur die handdoeke huis toe te neem, dien hulle as herinnering aan besige vroue om ten minste elke maand hul borste vir enige veranderinge te ondersoek terwyl hulle afdroog na ’n bad of stort.

 

Vir hulle aandeel in die veldtog, het PEP verskeie toekennings van MMS Suid-Afrika ontvang: Projek ‘Dry and Detect’ was ’n wen/wen vennootskap.

 

Daar was ook genoeg handdoeke om uit te deel aan Charlotte Maxeke Hospitaal (CMJAH), wat vir ons hierdie boodskap van waardering gestuur het:

 “Namens die Bestraling-Onkologie Departement wil ek julle werklik hartlik bedank vir julle volgehoue ondersteuning aan die pasiënte. Mag God julle almal seën.” Sesana Mbatha (Onkologie CMJAH – Gauteng Departement van Gesondheid.)

Facebook
Twitter
LinkedIn