Die finale geskenk

Ons kom die wêreld binne met niks en ons verlaat die wêreld met niks.  Maar die bates waarvoor ons so hard gewerk het, bly agter.

 

Eerstens moet dit gebruik word om te sorg vir ons geliefdes aangesien ons nie langer daar sal wees om dit persoonlik te doen nie.

 

As daar egter iets oorbly om ‘n nalatenskap te laat wat kan aanhou om die goeie werk voort te sit ná ons leeftyd, is dit ‘n wonderlike wyse om ‘n gedenkteken te skep wat bly voortbestaan.

 

Indien jy sou kies om ‘n geskenk aan KANSA na te laat in jou Testament, sal ons graag daarvan wil weet sodat ons jou op ‘n behoorlike wyse daarvoor kan bedank. 

 

En sou jy met ons daaroor wou gesels en verdere inligting bekom, stuur asseblief ‘n epos aan bequests@cansa.org.za  Alle kommunikasie van hierdie aard word streng vertroulik gehou.

Facebook
Twitter
LinkedIn