’n Boom word dikwels uitgebeeld as ’n simbool van lewe. En soos vele regte bome, het ons TLC- (Tough Living with Cancer) boom blare van verskillende kleure en betekenisse.
Op sommige is die name van kinders in onkologie gegraveer.
Cindy Ravens van Net Assess.
Ander vereer sekere skenkers en ondersteuners. En in die besonder waardeer ons besoeke van borge om hulle eie blaar by die boom te voeg.
Een van die mees onlangse besoeke was van Cindy Ravens van Net Assess wat haar maatskappy se blaar aan die boom kom hang het.
En Cindy se woorde daarop is ook op jou van toepassing:
“Dankie, KANSA TLC, vir julle onwrikbare toewyding en deernisvolle bystand aan kinders en hulle families wat die uitdagings van kanker in die gesig staar.
“Julle onvermoeide pogings bring hoop, troos en moed aan dié in nood, en julle werk maak ’n wêreld se verskil.
“Die goedhartigheid en sorg wat julle bied, help om gemoedere te verlig en ’n gevoel van meelewing te skep tydens ongelooflike moeilike tye.
“Ons by Net Assess, beskou dit as ’n voorreg om aan julle organisasie te skenk en die noodsaaklike werk wat julle doen, te ondersteun.”