Op 14 Mei het ons die voorreg gehad om ons opregte waardering te toon aan sommige van die besonderse individue enorganisasies wat ons werk moontlik maak.
Tydens ’n middagete by Chart Farm in Kaapstad kon ons saamkuier met mense wat saam met ons die pad na ’n kankervrye Suid-Afrika stap.
Gaste het ons Hoof Uitvoerende Beampte, Elize Joubert, ontmoet en ’n inspirerende praatjie oor Fynbos en Geur geniet, aangebied deur gasspreker Cherise Viljoen van Cherish Plants.
Hier volg ’n paar van die opregte boodskappe wat ons van ons gaste ontvang het:
“Hou aan met die betekenisvolle werk wat julle doen – ons staan vierkantig agter julle.”
“My man en ek het dit opreg waardeer dat julle ons by die middagete ingesluit het. Ons het soveel meer geleer oor die wonderlike werk wat KANSA doen.”
“Dit was lekker om julle te ontmoet. Beste wense met julle voortgesette werk in ons gemeenskappe.”
“Mag God julle almal seën en ook die wonderlike werk wat julle doen.”
“Alle sterkte met julle belangrike werk.”
Ons sien daarna uit om in die toekoms nog meer van ons vennote by soortgelyke geleenthede te ontmoet.