Hartseer nuus

So vele KANSA-vriende was teen die einde van verlede jaar diep geraak deur die storie van die jonge Elsa* wat palliatiewe sorg ontvang het deur middel van ons TLC (Tough Living with Cancer) program by Tygerberg Hospitaal.

 

’n Spesiale ´Dankie´ aan almal wat gereageer het met ’n skenking en ’n omgee-boodskap.  Julle liefde het met ons s’n saamgesmelt om aan Elsa die hoogste moontlike lewenskwaliteit te verskaf totdat haar tyd gedurende Desember uitgeloop het, en verder ook met bystand aan haar familie.

 

Elsa sal altyd onthou word vir haar pragtige glimlag, en gereedheid om ’n drukkie te gee.

 

*Elsa is ’n skuilnaam.

Facebook
Twitter
LinkedIn