Hoe ‘n roetine ondersoek ‘n lewe kan verander

Navie Reddy vertel hoe die dood van ‘n naby gesinslid haar man, Viniyadian, gemotiveer het om sy hulp aan te bied by KANSA in Umbilo, Durban.

 

Hy het toe verder gegaan en die Woodview Cancer Support Group (WCSG) in sy tuisdorp Phoenix geopen.  Tesame met verskeie ander ondersteuningsdienste, bied WCSG gratis kankersiftingstoetse aan op hulle Welstanddag.

 

Op ‘n spesifieke Welstanddag het Viniyadian self die siftingstoets ondergaan wat gelei het na ‘n diagnose van prostaatkanker.

 

Viniyadian het intensiewe bestralingbehandeling ondergaan sowel as om vir twee jaar inspuitings ontvang om remissie te bereik.

Nou gaan hy elke ses maande vir ‘n opvolgbesoek. 

 

Prostaatkanker is die mees algemene kanker onder mans in Suid-Afrika – daar is ‘n een in 16 kans om daarmee gediagnoseer te word.

 

Met KANSA se siftingstoetse geredelik beskikbaar is dit ‘n duidelike en verstanddige keuse om getoets te word.

Facebook
Twitter
LinkedIn