Hulle sal nooit vergeet van waar hulle kom nie

Terwyl hulle in Suid-Afrika gewoon het, het die Vlok-familie gereeld fondsinsamelings gehou om die dienste wat KANSA bied, te ondersteun.

 

Nou woonagtig in die VSA, is hulle steeds besig met fondsinsameling vir KANSA SA, sowel as vir pediatriesekankernavorsing in Amerika.

 

Tydens vorige besoeke het hulle gesien hoe fondse wat ingesamel is ‘n positiewe verskil gemaak het aan pediatriese onkologiefamilies in Suid-Afrika se ekonomiese klimaat en dit motiveer hulle voortgesette fondsinsameling.

 

Ons bedank hulle dat hulle nooit hul voormalige vaderland se mense in nood vergeet het nie.

Facebook
Twitter
LinkedIn