Iets waaraan jy dalk nie dink nie

Indien jy alreeds ’n Testament het wat op datum is, baie geluk.

 

Indien nie, bied KANSA ’n gratis boekie aan wat handel oor die opstel van Testamente. Dit is op versoek verkrygbaar by die tolvrye nommer 0800 22 66 22 of per e-pos by bequests@cansa.org.za.

 

Jou Testament moet eerstens sekuriteit aan jou familie voorsien.

 

Indien daar egter ’n moontlikheid van ekstra fondse bestaan, kan jy as een van ons getroue ondersteuners dit dalk oorweeg om ’n erflating aan KANSA in te sluit, as ’n voortgesette herdenking aan jou deernisvolle vrygewigheid.

 

Hierdie byvoeging kan maklik deur middel van ’n eenvoudige aanhangsel gemaak word.

 

Sou jy dit wou oordink en meer inligting benodig, wees verseker dat navrae oor erflatings streng vertroulik gehou word.

Facebook
Twitter
LinkedIn