Angswekkend en onseker. Dis soos Rose Lovell haar behandeling en die
toekoms sien. Maar jy en KANSA is daar vir haar, beide in bystand en voorspraak hulp.
Rose woon in ’n dorpie in die Oos-Kaap, en is geopereer vir hoë graad boonste kanaal uro-epiteliumkanker.
Twaalf sessies chemoterapie moes by Nelson Mandela Akademiese Hospitaal in Mtatha ’n aanvang neem, maar toe is een van die medisyne-middels by die hospital uit voorraad.
Rose Lovell.
Toe Rose se naam uitgeroep is, verneem sy dat een van die chemoterapie medisyne-middels van die Onkologiedepartement die vorige dag opgeraak het.
Nogmaals ’n verkwiste reis van 17 uur.
Hierdie gaping, die onsekerheid van medisyne-voorrade, en vervoer-kostes, beïnvloed Rose se behandelingsproses negatief, en slegs twee uit die beplande 12 sessies is voltooi.
Dis verstaanbaar dat Rose sê:
’n Elf uur lange reis na en vanaf Frere Hospitaal in Oos-Londen het gevolg, heeltemal onvoorbereid vir twee aande se oorbly in die saal. Die brandstofkostes vir hierdie onbeplande reis, waarmee ’n vriend gehelp het, was meer as R3 000.
Toestande by Frere Hospitaal was beter as by Mtatha, want daar ontvang pasiënte ten minste ’n skottel met warm water om in ’n afgeskorte area mee te was, eerder as een met koue water om in die publieke toilet, sonder enige privaatheid hoegenaamd, te gebruik.
Vir behandeling op dag agt het Rose die pasiënte-vervoer vanaf Mtatha na Oos- Londen gebruik. Die bus, wat om 04:00 sou vertrek, het eers om 07:50 gearriveer, en het Frere Hospitaal om 12.30nm bereik.
“Om ’n kanker-diagnose te ontvang, is opsigself ’n stresvolle saak om te hanteer, en meer so wanneer behandeling (veral onbestendige behandeling) beskikbaar is slegs by ’n hospitaal wat ses ure weg is van waar jy woon.
“Toegang tot behandeling in die Oos- Kaap is so moeilik dat ek heeltemal begryp waarom soveel pasiënte in hierdie provinsie hulle behandeling geheel en al staak.
“Met dié dat my situasie so onseker en angswekkend lyk, is ek so dankbaar vir die hulp en bystand van Zodwa Sithole, hoof van Voorspraak by KANSA. Sy het geluister en tot aksie oorgegaan, wat ek baie waardeer. Woorde sonder aksie lei tot wanhoop, maar ek kon op haar staatmaak om vir my die pad vorentoe aan te dui en my angstigheid te verlig. Baie dankie aan KANSA vir al die tyd en moeite wat opgeoffer is om te help.”