KANSA TLC Nicus Sorgtuiste word verfraai

Soos enige groot inrigting, benodig ons KANSA TLC Nicus Sorgtuiste altyd instandhouding van die een of ander aard.

 

Dit was dus ’n wonderlike diens wat Tuks studente van die Skone Kunste Departement van stapel gestuur het om al die Sorgtuiste se deure met kleurvolle, kinder-vriendelike ontwerpe te versier.

 

Verdere welkome steun was die skenking van ’n aantal nuwe beddens, matrasse en kussings vir beter gerief aan die ouers van ons jong pasiëntjies wat onder behandeling is.

 

Die verfraaiing moet nog ’n pad loop met ’n aantal kamers wat opgradering benodig.

Enige aanbiedinge van borgskappe vanaf individue of maatskappye om hierdie doel te bereik, sal baie verwelkom word.

Indien jy op enige wyse van hulp kan wees, kontak ons asb. per e-pos op tlc@cansa.org.za

Facebook
Twitter
LinkedIn