Samantha was goed op pad na haar herstel van kanker met haar ma wat haar vir elke siklus van haar behandeling ingebring het.
Â
Toe gebeur die ondenkbare – Sam se ma is oorlede. Sy en haar sib is in pleegsorg geplaas. Alles het verander.
Uiteindelik het Sam weer teruggekom saal toe en die siklus is hervat:Â chemo vandag, spandeer die volgende dag om die naarheid om te slaap; maar sy het nie so dikwels huis toe gegaan nie.
Â
Toe, op ‘n dag, was die saal amper leeg. Meeste van die jong pasiĂ«nte het vir Kersfees huis toe gegaan.
Â
Vir Sam kon Kersfees ongesiens verbygegaan het. Maar die omgee vriende van KANSA het ingetree en geskenkpakkies oorhandig aan al daardie kinders wat agtergebly het.
Â
Sam het ‘n speelding gehad om mee te speel, ‘n inkleurboek en kryte sowel as ‘n partytjiepak en snoepgoed om te geniet.
Â
‘n Hartlike ‘dankie’ aan ons vriende wat gesorg het dat, vir kinders soos Sam, Kersfees nie ongesiens verbygegaan het nie.