
’n Brief van Leonore Schuller
“In Mei verlede jaar, gedurende ’n UWK Gesondheidsdag, het ’n roetine ondersoek ’n knop opgespoor wat tot ’n kanker-diagnose gelei het. Wat hierop gevolg het, was een van die moeilikste tye wat ek nog ooit in my lewe moes beleef.
“Danksy KANSA se Verpleegsuster Martheza, was ek spoedig verwys na Groote Schuur Hospitaal Borskliniek vir verdere evaluasie en behandeling.
“Behalwe die verwysing, was KANSA vir my ‘n baken van hoop en krag, en sekerlik ook vir ontelbare ander wat soortgelyke uitdagings beleef. Dis nie slegs die dienste wat julle bied nie, maar ook die kultuur van ondersteuning en solidariteit wat uiters noodsaaklik is vir dié wat die kompleksiteite van kanker moet bestuur.
“Terwyl ek my reis na herstel voortsit, word ek gemotiveer deur die ondersteuning wat ek van KANSA ontvang, en geïnspireer deur die betrokkenheid van hulle wat ’n verskil maak in die lewens van kanker-pasiënte.
“Julle toewyding gee hoop aan individue soos ek, en herinner ons dat ons nie alleen staan in die stryd teen kanker nie. Baie dankie uit die diepte van my hart – ek waardeer inniglik julle hulp en is vir ewig dankbaar.”
KANSA se Personeel Gesondheidsprogram vir Besighede bring welstand na die werksplek. Vir verdere inligting kontak Charme Griffin by cansawellness@cansa.org.za
Van Babalwa Duda
“Ek het in Maart 2024 vir die eerste keer met julle gepraat oor my borskanker, en julle het my verwys na Prof. Carol Benn by Milpark Hospitaal, en sy het my verwys na Charlotte Maxeke Hospitaal. In April het ek uiteindelik daar chemoterapie begin ontvang.
“Dit was Nandipha, die dame wat die telefoon beantwoord het toe ek aanvanklik vir KANSA geskakel het, wat my verseker het dat julle beslis sal help. En julle het dit werklik gedoen.
“Ek was sonder hoop en in erge pyn, en het nie geweet wat om te doen nie. Maar julle het geluister, en my verseker dat alles in orde sou wees.
“Ek het nie woorde nie, maar kan julle net baie bedank vir alles. Ek waardeer dit werklik opreg.”
Van Mike Furcey
“Terwyl ek in Empangeni woonagtig was, het ek vir nege weke in Mkhuhla Sorgtuiste in Durban ingewoon terwyl ek bestraling ontvang het. Ek is vir ewig dankbaar. Baie dankie.”