‘n Spesiale geskenk van Polly en Jennifer

Jennifer Strong (77), Senior Stilis Louise Ilsley en Polly Van Niekerk (74). Krediet: Natasha Bezuidenhout en Port Elizabeth Express.

Susters, Polly van Niekerk (74) en Jennifer Strong (77) van Walmer het verskeie kere in hul lewens met kanker te doene gekry – hul jonger broer, ‘n geliefde vriend sowel as ‘n viervoetige familielid is deur die siekte geneem.

 

Omdat hulle graag iets betekenisvol wou doen, het die twee susters besluit om ‘n ruim deel van hulle besondere lang hare, wat hulle oor hoeveel dekades gegroei het, aan KANSA te skenk.  Hulle het die geleentheid omskep in ‘n fondsinsamelingsdag deur hulle huis oop te stel vir vriende en bure.  Stilis Louise Ilsley het die eer gehad om die hare te sny en dit is oorhandig aan KANSA.

 

‘n Kankerpasiënt wat te doen het met haarverlies tydens kankerbehandeling, sal die waardigheid van ‘n pruik hê te danke aan Polly en Jennifer se spesiale geskenk.  Die geldelike inkomste sal ons verskeie ander dienste ondersteun.  Ons bedank hulle vir hul goedhartigheid.

Polly Van Niekerk (74) en Jennifer Strong (77) het verlede jaar Oktober hul hare vir ’n goeie doel afgesny. Krediet: Natasha Bezuidenhout en Port Elizabeth Express.
Facebook
Twitter
LinkedIn