Robyn Leon was slegs 26 jaar oud toe sy gediagnoseer is met kanker van die eierstokke, en die uiters menslike reaksie getoon het deur te vra, “Waarom ek?”
Wat gevolg het, was chirurgie om die kanker te verwyder, en ses maande se chemoterapie – wat nooit ’n aangename ervaring is nie – maar Robyn het deurgedruk.
Toe kom ’n verdere skok en sy verloor ’n fallopiusbuis.
Robyn Leon.
Maar daarmee saam het Robyn se ‘Ek’ ’n aanvaarding en krag getoon wat nie sou toelaat dat hierdie verlies haar onderkry nie.
Hierdie aanvaarding en moed het daartoe gelei dat Robyn ’n KANSA Relay For Life oorwinnaar en spanlid geword het.
Wat dus ook ná “waarom ek?” gevolg het, is dat Robyn nou ’n Relay For Life Wêreld Heldin van Hoop (Global Hero of Hope) is wat voortgaan om ander te bemoedig.
Nooit alleen nie
Daar word dikwels gepraat van die eensaamheid van ’n kanker-reis – vir pasiënte, versorgers, familielede, ouers van kinders met kanker, selfs ook vir kankeroorwinnaars.
Dit is verstaanbaar, maar hoef nie die volle waarheid te wees nie.
Saam met KANSA is niemand op die kanker-reis ooit alleen nie. KANSA se gratis Tele- en Aanlyn Beradingsdiens is hier om bystand te bied.
Aangebied in die meeste Suid-Afrikaanse tale, is hierdie vertroulike diens elke weeksdag beskikbaar tussen 08.00 – 16.30.
Skakel asb. die KANSA Hulplyn op 0800 22 66 22 om ’n afspraak te reël, of bespreek aanlyn by https://cansa.org.za/telecounselling/
Binne drie dae sal ’n deernisvolle, opgeleide KANSA-berader na jou uitreik om te luister, vrae te beantwoord, leiding te gee en jou te help om die emosionele en praktiese uitdagings van kanker te kan hanteer.
Danksy vriende soos jy wat dienste soos hierdie moontlik maak, is niemand op die kanker-reis ooit alleen nie.